Loading
R2 750 000

Property features

  • R2 750 000
  • 3 Bedrooms
  • 2.0 Bathrooms
  • 2 Living Room/s
  • Garage for 1  car/s
  • Outside Parking for 2 car/s
  • Levies 
  • Rates 
  • Pet Friendly
  • Outdoor pool
  • Garden
  • Dining Room
  • Security Estate

Property Details

Netjiese moderne pragtige 3 Slaapkamer woning in Die Oog Afree-landgoed. Hierdie pragtige woning is baie privaat en ontwerp vir ontspanne bosveldlewe met oop ruimtes. Hier sal jy 'n rustige omgewing met gemoedsrus ervaar vir jou goue jare in die hartjie van Limpopo Bosveld, naby Naboomspruit in die Waterberge, by Die Oog Afree-Landgoed. Hierdie lieflike huis is in 'n gesogte fase van die landgoed geleë en bied privaatheid en nabyheid aan die natuur, met die bykomende voordeel van toegang tot goed versorgde fasiliteite van hoë gehalte, aktiewe lewe met 'n magdom sosiale aktiwiteite om aan deel te neem, mediese fasiliteite, restaurant en veilige leefstyl. Vanaf die binnekoms van die huis word jy verwelkom deur die oopplan uitleg en hoë dak wat eksta ruimte skep en oop spasies. Die vloei van die oopplan is van die komuis, na die eetkamer, tv kamer, werks kamer na die privaat sitkamer. Die pragtige kombuis is ruim met oorgenoeg ingeboude kaste, granietblaaie, 4-plaat gasstoof, afsuigwaaier en elektriese ondertoonbankoond. Daar is plek vir dubbeldeur-yskas, dubble wasbak met ‘n watersuiweraar. Vanuit die kombuis is daar ‘n privaat binnehof wat na die wasgoedlyn lei met 'n buite wasbak. Die wasmasjien en tuimeldroër is geleë binne in die motorhuis wat direk in die huis in vloei. Die eetkamer vloei naatloos vanaf die kombuis en dan na die Tv kamer met 'n ingeboude kaggel. Die sitkamer is meer privaat wat dan na ‘n studeerkamer spasie of werkskamer toe vloei. Die lugversorging in die sitkamer hou daardie area van die huis deurgaans koel. Daar is 'n skuifdeur na die pragtige patio area wat uitstekend is vir vermaak, met ingeboude braai vir onthaal en kyk uit oor die natuurskoon wat omring is deur bome en bosveld plante groei. Die hoofslaapkamer is baie ruim met lugversorging en dakwaaier, met skuifdeure wat na die privaat pragtige agterplaastuin lei. Daar is baie ingeboude kaste en lei na die en suite-badkamer wat bestaan uit die mooiste bad, toilet en wasbak met ingeboude vanity kaste met granietblaaie. Die tweede en derde slaapkamers is ook ruim met ingeboude kaste en dakwaaiers vir die warm bosveld somers. Die tweede badkamer bestaan uit 'n stort, wasbak met vanity kas en toilet. Daar is 'n dubbeldeur-linnekas vir ekstra stoor- en pakruimte. Al die vloere in die huis is deurgaans volledig geteël met moderne teëls en is maklik om te onderhou en hou die huis koel in warm somer bosveld weer. Verder bied die woning ‘n outomatiese motorhuis met ingeboude kaste en werkspasie met ‘n dubbel afdak wat ekstra lank en hoog genoeg is vir ‘n karavaan met skadubedekking . Die bonus is die sonpanele en die inverters vir as daar beurtkrag is. Hierdie pragtige onberispelike huis in Die Oog Afree-landgoed is die perfekte keuse vir diegene wat 'n balans soek tussen 'n rustige Bosveldleefstyl en die geriewe van 'n goed versorgde, aktiewe aftreegemeenskap. Die heffing sluit die volgende in: • 24/7 bewaakte sekuriteit • Skoonmaak van huis een keer per week • Tuindienste een keer per week • Huisversekering en instandhouding aan die buitekant van die huis • Gratis toegang tot al die geriewe van Die Oog Afree-Landgoed Bel my vandag om nie hierdie fantastiese geleentheid te misloop nie!

See more properties

Get in touch with Agent

Subscribe to regular
updates

Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.

Property Not Available? Report it

See more properties